Soek 'n berig in Renaissance
Tuesday, 30 June 2015
Ingang tot oord ondergaan voorkomsverandering
Die waternood in Suid-Afrika wat
deur omgewingskundiges in die vooruitsig gestel word, motiveer
die oord se bewaringskomitee onder leiding van Piet
Combrink al 'n geruime tyd lank om maniere te vind om waterverbruik
in die oord te verminder.
Thursday, 25 June 2015
Nuwe voorsitter nommerpas vir sy taak
Die 68-jarige
Gerhard van Rooyen is pas aangewys as die nuwe Voorsitter van die Warmbad
Renaissance Bestuursvereniging in die plek van Johnny Meyer wat weens
gesondheidsredes uitgetree het.
Thursday, 18 June 2015
Inwoners verdryf die winterkoue met sop en sjerrie
Heelparty inwoners
het onlangs die snerpende koue en 'n blerts beurtkrag met sop en sjerrie
aangedurf tydens 'n gesellige funksie wat deur die Sosiale Aksie gereël is.
Tuesday, 16 June 2015
Trees
Mehmet Murat
ildan once said, “Why pay money for the horror movies? Just go to a
street without trees,” while Richard Mabey opined that “to be without trees would, in the most literal way, to be without
our roots.”
Thursday, 11 June 2015
Oud-polisiekaptein maak Warmbad Renaissance sy tuiste
Johan
Huisamen (51) is 'n gemoedelike voormalige polisiekaptein wat lank op Bela-Bela gewerk het.
Hy moes die SAPD onlangs weens mediese redes verlaat.
Hy en sy stiefpa, Hannes Kruger (74), woon in Eenheid 2. Hulle waardeer die rustigheid en veiligheid van ons pragtige oord, asook die vriendelikheid van die inwoners.
Alhoewel Johan op
Warmbad grootgeword het, het hy sy skoolopvoeding by die Hoërskool Wagpos op
Brits voltooi. Daarna het hy by die SAPD aangesluit en mettertyd 'n buitemuurse
Nasionale Diploma in Polisie-administrasie aan die Technikon RSA behaal.
As 'n jong man was Johan 'n geedriftige rugbyspeler wat as stut vir die plaaslike rugbyspan uitgedraf het. Later het hy hom op die hengelsport toegespits en provinsiale kleure daarin verwerf. Deesdae hengel hy vir ontspanning en is 'n toegewyde Blou Bul-ondersteuner.
Johan se voormalige eggenote, Jacqueline, is 'n fisioterapeut op die dorp. Hulle is baie trots op hulle 12-jarige seun wat die onderhoofseun van die plaaslike laerskool is. Sy naam is Henrique. Hy is 'n kranige sportman wat, onder andere, oor 'n swart gordel in karate beskik. Die 8-jarige Nicky woon by haar ma inBloemfontein .
Hy en sy stiefpa, Hannes Kruger (74), woon in Eenheid 2. Hulle waardeer die rustigheid en veiligheid van ons pragtige oord, asook die vriendelikheid van die inwoners.
Johan Huisamen (links) en sy stiefpa, Hannes Kruger |
As 'n jong man was Johan 'n geedriftige rugbyspeler wat as stut vir die plaaslike rugbyspan uitgedraf het. Later het hy hom op die hengelsport toegespits en provinsiale kleure daarin verwerf. Deesdae hengel hy vir ontspanning en is 'n toegewyde Blou Bul-ondersteuner.
Johan se voormalige eggenote, Jacqueline, is 'n fisioterapeut op die dorp. Hulle is baie trots op hulle 12-jarige seun wat die onderhoofseun van die plaaslike laerskool is. Sy naam is Henrique. Hy is 'n kranige sportman wat, onder andere, oor 'n swart gordel in karate beskik. Die 8-jarige Nicky woon by haar ma in
Monday, 8 June 2015
Inwoners lewer ook elders in die gemeenskap 'n diens
Monday, 1 June 2015
Avontuurlike Tossie
Tossie van Rensburg (Eenheid 13) het onlangs 'n avontuurtog agterop
'n motorfiets onderneem.
Subscribe to:
Posts (Atom)