Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 5 January 2015

Koos en Linda se dogter aanskou 9/11-aanval

Op 11 September 2001, om 8:44 (15:44 SA tyd) praat Amy Sweeny,  'n lugwaardin aan boord van American Airlines Vlug 11, per telefoon met die lugredery se kantoor in Dallas: "Something is wrong. We are in a rapid descent... we are all over the place. I see the water. I see the buildings. I see buildings ... We are flying low. We are flying very, very low. We are flying way too low. Oh my God, we are way too low.”

Om 8:46:30 (15:46:30 SA tyd) vlieg die volgelaaide passasiersvliegtuig in die Noord-toring van die World Trade Centre (WTC), New York, vas teen ‘n snelheid van sowat 790 km/h.


Die aanval op die World Trade Centre in New York

Op daardie oomblik bevind Koos en Linda Grobler (Eenheid 95) se jongste dogter, Reinette, haar op die Brooklyn-brug, op pad na die WTC om ‘n kliënt te gaan spreek. Reinette was toentertyd 'n MSc-student aan 'n nabygeleë universiteit.

Die Brooklyn-brug met die World Trade Centre in die agtergrond
Vervaard en verward en diep geskok, stuur sy onmiddellik 'n teksboodskap aan haar ouers in Suid-Afrika: "'n Vliegtuig het nou net in een van die torings vasgevlieg."

Sowat 17 minute later om 9:03:02 (16:03:02 SA tyd), tref 'n tweede vliegtuig die Suid-toring.

Die tweede vliegtuig tref die World Trade Centre. Die Brooklyn-brug is in die voorgrond
Oomblikke voordat die vliegtuig die toring tref ontvang Lee Hanson 'n telefoonoproep van sy seun, Peter, wat aan boord was: "It's getting bad, Dad. A stewardess was stabbed. They seem to have knives and Mace. They said they have a bomb. It's getting very bad on the plane. Passengers are throwing up and getting sick. The plane is making jerky movements. I don't think the pilot is flying the plane. I think we are going down. I think they intend to go to Chicago or someplace and fly into a building. Don't worry, Dad. If it happens, it'll be very fast. My God, my God." Die oproep eindig plotseling terwyl Hanson 'n vrou hoor gil.

Al 65 passasiers aan boord van die vliegtuig en honderde persone in die gebou self sterf in 'n oogwink.

'n Geskokte Reinette stuur nóg 'n teksboodskap aan haar ouers: "'n Tweede vliegtuig het in die ander toring vasgevlieg."

Vandag, 14 jaar later, woon sy en haar gesin in Portland, Oregon. Sy vind dit steeds moeilik om haar gewaarwordinge te verwoord. Trouens, sy weier om oor haar angswekkende ervaring te praat.

Koos en Linda se dogter, Reinette
Koos en Linda meen dat hulle waarskynlik die eerste Suid-Afrikaners was wat van die rampe verneem het.

Linda en Koos Grobler
Twee ander inwoners het eweneens geskiedkundige gebeurtenisse eerstehands beleef. Hulle is Herman Potgieter en Roy Derbyshire. Klik HIER en HIER om meer van hulle ervarings te wete te kom.

[Van die inligting in hierdie artikel is aan Wikipedia ontleen. Klik HIER om meer te wete te kom.]

No comments:

Post a Comment