Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday 14 January 2015

Piet verkies Warmbad Renaissance

Die 69-jarige Piet van Rensburg het op 14 November 2014 na ons oord verhuis. Alhoewel hy Eenheid 90 aangeskaf het, bewoon hy tans Eenheid 59 terwyl hy wag dat sy eenheid opgeknap word. Hy hoop dat dié taak eersdaags afgehandel sal word.

Piet van Rensburg
Op ‘n vraag waarom hy Warmbad Renaissance as ‘n aftreeplek gekies het nadat hy verskeie aftree-oorde oorweeg het, antwoord hy: “Dis so mooi, rustig en veilig hier. Trouens, snags maak die stilte my soms wakker!” 

Piet het voorheen in die distrik Oranjeville geboer, maar het die plaas verkoop omdat hy onder 'n vlaag diefstalle deurgeloop het. Daarna het hy paaie vir die Mabula Game Lodge gebou en onderhou voordat hy na Rustenburg getrek het om by sy dogter se sekuriteitsmaatskappy te werk.

Sy wederhelf, Judy, het hom in 2004 ontval.

Piet is ‘n geesdriftige tuinier en sien daarna uit om die tuin van sy nuwe eenheid onder hande te neem en in ‘n lushof te omskep; iets wat, soos talle inwoners reeds bewys het, in hierdie geil Bosveldomgewing nie té moeilik behoort te wees nie.

No comments:

Post a Comment