Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday 7 January 2015

Nuwe intrekkers reeds tuis

Julie en M J van den Berg het aan die einde van 2014 hulle intrek in Eenheid 116 geneem nadat hulle vanaf Nylstroom hierheen verhuis het. Daar het hulle in die Johannes Postma Aftree-oord gewoon.

Julie en M J van den Berg
Op ‘n vraag waarom hulle Warmbad Renaissance as hulle woonplek gekies het, sê hulle dat die stil en rustige omgewing, die vriendelike inwoners en die boomryke en goedversorgde terrein die deurslag gegee het.

M J het sy tabakplaas, Ruimte, in die Tuinplaas-omgewing in 2002 van die hand gesit. Julie was vroeër ‘n sekretaresse by die produkte-afdeling van die NTK.

Dis hierdie vriendelike mense se tweede huwelik. Saam spog hulle met 7 kinders, 16 kleinkinders en 12 agterkleinkinders. Een van M J se kinders is Ronel van der Walt wat Eenheid 100 saam met haar wederhelfte, Philip, bewoon.

M J is 'n gesellige man. Hy hou van kuier en klets. Julie se liefhebberye sluit skilderwerk in. Haar skilderye hang hulle hele huis vol. Haar skootrekenaar en die internet neem ook baie van haar tyd in beslag.

 

No comments:

Post a Comment