Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 3 February 2017

Uit toeka se dae

‘n Warmbad Renaissance-koortjie is in 1993 tot stand gebring. Die koorleiers was Riëtte Botha en Eppie van Niekerk.

Die meegaande foto's word in die oord-argief bewaar.

Die koorleiers
Twee van die stigterslede, Isabel en Ampie Hattingh woon steeds in die oord. Terloops, hulle was die heel eerste inwoners wat op 1 April 1991 in E20 ingetrek het.

Die koortjie sing met oorgawe. Isabel verskyn tweede van links en die voorste ry en Ampie, agter tweede van regs met die baard
Die onderstaande uittreksel (woordeliks aangehaal) uit ʼn beriggie deur Susan van Bosch, het in Julie 1996 in ons eerste nuusbrief verskyn. Die redakteur was Giel Rossouw. Die foto's kom uit ons argief.

"Die Renaissance-koor het die afgelope drie jaar naam gemaak. Toe Riëtte Botha die koortjie begin het, kon sy nie droom dat sy soveel sukses met haar groepie sangers sou behaal nie.

As gevolg van harde oefening, geesdrif en toewyding het die koor die afgelope twee jaar met groot sukses aan die Waterberg Kunsfees deelgeneem. Hulle het in twee afdelings deelgeneem, naamlik die Revue en Koor en het uitstekend presteer."

Hierdie foto van die koor het in 1996 in die plaaslike koerant, Die Pos, verskyn.
Die koor spog met ‘n eie drag waarin hulle deftig vertoon wanneer hulle optree
"Vanjaar gaan die koor by ten minste ses geleethede optree, wat die Waterberg Kunsfees insluit.

Tans word daar elke Dinsdagoggend geoefen. Daar het vanjaar ‘n paar nuwe lede aangesluit en die koor bestaan tans uit 17 lede waarvan 5 van buite Renaissance is. Die koor spog met ‘n eie drag waarin hulle deftig vertoon wanneer hulle optree.

Baie Renaissance inwoners sal seker graag hierdie koor wil hoor en sien optree en daar sal sekerlik ‘n geleentheid daarvoor geskep word. Dalk sal daar van hulle wees wat daarna by die groepie sal wil aansluit."

No comments:

Post a Comment