Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Sunday 5 February 2017

Plantegroei herstel ná milde reën

“Die plante klap hande,” het Isabel Hattingh onlangs gejubel nadat meer as 250 mm reën in Januarie ná ‘n uitmergelende droogte, oor ons oord uitgesak het.

Annetjie Doep het gesê dat die struike en bome in ons oord bykans drie jaar gelede só mooi vertoon het, ofskoon die grasperke nog nie volkome herstel het nie.

Die foto’s hieronder illustreer die wonderbaarlike herstelkrag van die plantegroei in ons oord ná die weldadige reën.







No comments:

Post a Comment