Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 18 February 2017

We celebrate St. Valentine’s Day

St Valentineʼs Day has its roots in several different legends that have found their way to us through the ages.

One of the most popular informs us that Valentine, a Christian priest, had been sentenced to death for his teachings. The Romans insisted that people should believe in Roman gods only.

While languishing in prison, he fell in love with the warden’s daughter.

The night before he was executed, he wrote her a farewell letter, signing it From Your Valentine.ˮ

Op 14 Februarie is Valentyn tereggestel.

Die tradisie om op 14 Februarie jou liefde teenoor iemand te verklaar, het gedurende die Middeleeue in Europa veld gewen.

Oor die eeue heen het mense ook geglo dat voëls hulle maats op 14 Februarie die hof maak!

St Valentineʼs Day is now a day to show a friend or loved one that you care by sending them a Valentine’s Card. This card is named after the letter that St. Valentine sent to his sweetheart from jail.

By Warmbad Renaissance het ons onlangs die Valentynstradisie voortgesit deur ons vriende en/of geliefdes op ʼn koppie tee en versnaperinge te trakteer.

Die foto’s hieronder verskaf ‘n oorsig van die verrigtinge.

Die Patryslaners (foto links) se straatvrou(!), Mel Smith, is baie trots dat byna al “haar” mense wat na die funksie opgeruk het. Is dit ʼn rekord? Staande verskyn (vlnr) Koos Grobler, Hennie Stoop, Pieter Bester, Dimmie Smith, Mel Smith, Gerhard van Rooyen, Annetjie van Rooyen, Rina du Toit, Chris Snyders, Francois du Toit en Jadene Horne. Voor sit (vlnr) Linda Grobler, Miemie Grobler, Ria Bester, Wendy Stone, Gwen Baartman, Liz Snyders en Anna van Rensburg.
Een van ons inwoners, Lucia Pagel, het die aanwesiges op melodieë van weleer getrakteer.
(Vlnr) John Scheepers, Miriam Scheepers, Ilse Kotse, Hennie Kotze en Hennie de Villiers.
(Vlnr) Isabel Venter, Jadene Horne, Anna van Rensburg, Kobi Breedt, Hennie Stoop, Beatrix Esterhuizen.


No comments:

Post a Comment