Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday 18 January 2017

Talentvolle egpaar verhuis na Warmbad Renaissance

Philip en Ingrid van den Berg
Philip (76) en Ingrid (74) van den Berg het onlangs hulle intrek in E34 geneem nadat hulle meer as veertig jaar lank in Pietermaritzburg gewoon het.

Ingrid is op Piet Retief gebore en, nadat sy aan die plaaslike hoërskool gematrikuleer het, het sy die grade B.Sc.(Hons) behaal. Philip is op Hartbeesfontein gebore, matrikuleer aan die Hoërskool Klerksdorp en behaal daarna die B.A- en B.Ed.-grade.

Philip en Ingrid het vervolgens diep spore in die onderwys getrap voordat hulle in 1995 voortydig uitgetree het, sy as vise-rektor van die Natal College of Education en hy as die voormalige Natalse Onderwysdepartement se hoof van omgewingsopvoeding.

Philip en Ingrid is reeds jare lank uiters bedrewe natuurlewefotograwe, ʼn liefhebbery wat ná hulle uittrede uit die onderwys ʼn voltydse beroep geword het.

In 2001 het die Van den Bergs ʼn uitgewersmaatskappy, HPH Publishing, tot stand gebring. Volgens hulle webtuiste, www.hphpublishing.co.za, is die doel daarvan om hoë-kwaliteit boeke uit te gee wat natuurliefhebbers sal help om die natuurlewe ten volle te geniet. Dié maatskappy het reeds meer as 30 pragpublikasies op sy kerfstok. Besoek gerus hulle webtuiste om meer te wete te kom.

Volgens Philip is hierdie publikasie een van HPH Publishing se beste verkopers
Philip en Ingrid is reeds 50 jaar getroud en het twee ewe talentvolle seuns en 5 kleinkinders. 

No comments:

Post a Comment