Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday 15 February 2017

Lang Daniel, baassnoeier

Sommige inwoners hou van gevormde struike, ʼn gebruik wat die Japannese tot ʼn kunsvorm verhef het. Ander verkies weer dat die natuur sy gang gaan.

Die 34-jarige Daniel Marakalle, oftewel Lang Daniel, soos hy alllerweë in die oord bekend staan, is een van ons twee tuiniers. As ‘n inwoner 'n struik wil laat snoei, hoef hy of sy net op Daniel se knoppie te druk.

Baassnoeier Daniel werk aan een van sy skeppings
Weens ʼn besering wat hy as kind opgedoen het, het Daniel die gebruik van sy linkeroog verloor. Dit weerhou hom egter nie daarvan om sy werk te doen nie. 

Soos die foto hierbo aantoon, verrig Lang Daniel snoeiwerk noukeurig met behulp van slegs ʼn snoei-, heiningskêr en sy onberispelike aanvoeling.  

No comments:

Post a Comment