Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 1 September 2016

Waak teen indringerplante


PIET COMBRINK skryf: Baie tuiners besef nie dat sommige plante in hulle tuin indringerplante is wat ingevolge wetgewing verwyder moet word nie.

Elke plant het natuurlike vyande wat verhoed dat dit onbeheersd aanwas. Die probleem is dat baie uitheemse plante ingevoer is sonder hul natuurlike vyande en gevolglik 'n enorme probleem in sekere dele van ons land veroorsaak het.

On 30 March 2001 the National Department of Agriculture passed amendments to the regulations under the Conservation of Agricultural Resources Act of 1983, declaring 198 plants as invasive alien plant species.

Tuiniers is verantwoordelik vir die beheer van indringerplante op hul eiendomme.

Indringerplante word in drie kategorieë ingedeel.

Kategorie 1-plante mag nie in jou tuin wees nie. ‘n Boete van R10 000 en/of twee jaar tronkstraf kan opgelê word! Dit sluit die Queen of the Night, oftewel die nagblom, in. Dit is 'n kaktus wat alreeds in ‘n paar droogtebestande tuine in ons oord voorkom. Ander is die kanferboom, sekere tursvye en die Tecoma (yellow bells)
.
Nagblom
Kategorie 2-plante mag net vir kommersiële doeleindes gekweek word. Dit sluit die guava (koejawel) en sisal in.

Sisal
Kategorie 3-plante mag in 'n tuin bly indien dit reeds gevestig is, byvoorbeeld die

Sword Fern, jakaranda en die St. Joseph's-lelie.

St. Joseph's-lelie
‘n Volledige lys indringerplante is by die administratiewe beampte verkrygbaar. 

(Piet Combrink is die sameroeper van die oord se bewaringskomitee wat ‘n subkomitee van die bestuurskomitee is)

No comments:

Post a Comment