Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 16 September 2016

Oord verwelkom Penny Pienaar

Alhoewel Penny Pienaar (53) reeds 26 jaar lank in Bela-Bela woon, het sy onlangs eers haar na Warmbad Renaissance verhuis waar sy haar intrek in E33 geneem het.


Penny Pienaar
Op die vraag of die lewe in die oord haar geval, antwoord sy dat sy haar mening wil voorbehou omdat sy nog nie lank genoeg hier woon nie. Die mense wat sy tot dusver ontmoet het, is egter baie vriendelik en behulpsaam. Hierbenewens is sy in haar noppies dat troeteldiere, veral honde, nie in die oord toegelaat word nie. Trouens, dis die groot rede waarom sy hierheen verhuis het!

Penny is in Mangula, in die voormalige Rhodesië, gebore. Toe sy vier jaar oud was, het sy en haar gesin eers na Musina en later na Pretoria verhuis. Hier het sy in 1980 aan die Clapham High School gematrikuleer.

Sy het ná skool begin werk en mettertyd die Nasionale Diploma in Rekeningkunde aan die Technikon SA behaal. Sy praktiseer tans as ‘n professionele rekenmeester. Die meeste van haar kliënte is van Modimolle afkomstig.

Alhoewel sy nie juis tyd vir stokperdies het nie, hou Penny van lees. Een van haar gunstelingskrywers is James Patterson.

Sy het een ongetroude dogter wat in Bela-Bela woon.

No comments:

Post a Comment