Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Sunday 11 September 2016

Uitstappie na die Pretoria Nasionale Botaniese Tuin

Onlangs het ‘n groep toegewyde tuiniers van die oord die Pretoriase Nasionale Botaniese Tuin onder leiding van Piet Combrink besoek om meer te leer van droogtebestande tuinbou. Piet is die sameroeper van die oord se bewaringskomitee.

Hierdie botaniese tuin is een van Suid-Afrika se nege nasionale botaniese tuine en beslaan 76 hektaar.

Die groep het gefokus op die kenmerke van ‘n sg. “water wise garden”. Hulle het geleer dat ‘n mens behoort te streef na enkele eenvoudige beginsels soos om plante aan te plant wat endemies in die tuisstreek is (in ons geval die Bosveld), om baie kompos asook ‘n deklaag te gebruik om grondvog te behou en om reënwater te oes.

Die foto’s hieronder bied ‘n samevatting van enkele kernaspekte van die besoek.

Die groep is gereed om te vertrek. Agter (v.l.n.r) verskyn Barry Vosloo, Rita Vosloo, Piet Combrink, Elize Yeo, George Yeo en Ampie Hattingh. Voor (v.l.n.r.) kniel Annatjie Maree, Elsa Erasmus en Isabel Hattingh
"Water wise gardening is easier than you think." Hierdie kennisgewing stippel die wesenskenmerke van ‘n “water wise garden” uit

‘n “One drop zone”. Plante wat hier geplant word, benodig min besproeiing. Die ruimte kan sommer as ‘n gawe kuierplek gebruik word
Die besoekers stel baie belang in die gids se verduidelikings
Die gebied waar die broodbome floreer
Een van die aalwyne wat deur honger dassies verinneweer is

No comments:

Post a Comment