Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 10 September 2016

Oord verwelkom Chris en Anne van den Heever

Chris (62) en Anne (62) van den Heever het pas in E75 ingetrek. Hulle kan nie uitgepraat raak oor ons oord en die rustigheid wat hulle ondervind nadat hulle ‘n leeftyd in die gewoel van Johannesburg en omgewing gewoon en gewerk het.


Chris en Anne van den Heever
Op ‘n vraag waarom hulle juis op Warmbad Renaissance as ‘n hulle aftreeplek besluit het, antwoord hulle dat die oord se webtuiste die deurslag gegee het nadat hulle verskillende opsies oorweeg het. Toe hulle die eerste keer by die toegangshek inry, het die goedversorgde terrein hulle opgeval en het hulle summier besluit dat hulle soektog verby is.

Dié vriendelike egpaar is beide in Johannesburg gebore. Anne het in Maraisburg grootgeword en in 1972 aan die Hoërhandelskool Discovery gematrikuleer. Chris het in Unigray groot geword en sy skoolopleiding in 1971 aan die Hoërskool J G Strydom voltooi.

Hierna het Anne sekretariële werk gedoen. Sy het na 26 jaar diens in daardie hoedigheid by Nedbank afgetree. Chris het hom as ‘n werktuigkundige bekwaam en het mettertyd die bestuurder van die PUTCO-werkswinkels geword.

Chris en Anne is in 1985 getroud. Hulle het drie kinders en ses kleinkinders.

No comments:

Post a Comment