Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday 18 March 2015

Inwoners presteer op die rolbalbaan

Kolie Ras (Eenheid 108) en spanmaat Willem Pieterse van die Warmbad-rolbalklub spog met twee titels. Hulle is die wenners van die afdeling vir gekose-manspare asook gekose 2-4-2-mansspel.

Kolie Ras
Caro van der Schyff (Eenheid 103) en twee van haar spanmaats het eweneens twee titels ingepalm.

Caro van der Schyff
Caro en spanmaat Rita Weyers is as die gekose pare-vroue-kampioene aangewys vir hulle spel tydens die 2014/2015-rolbalseisoen. Hierbenewens is sy en spanmaat Tollie Venter as die gemengde gekose pare-kampioene van die klub aangewys. Dié kompetisie is in September verlede jaar gehou.

[Die foto's en teks in hierdie berig is ontleen aan Die Pos van 13 Maart 2015] 

No comments:

Post a Comment