Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 10 March 2015

Vrystaaaat!

Tom Venter (76) is 'n wewenaar wat onlangs sy intrek in Eenheid 60 geneem het. Sy eggenote, Isabel, het hom 9 maande gelede ontval.

Tom Venter
Tom is 'n ketelmaker van nering en kom van Virginia af waar hy in die werkswinkel van 'n goudmyn gewerk het. As 'n jong man was hy drie jaar lank 'n seeman op die SAS Natal, 'n opmetingskip van die Suid-Afrikaanse Vloot.

Hy het hierheen getrek omdat hy nader aan sy 4 kinders, 7 kleinkinders en 3 agterkleinkinders wil woon. Een van sy seuns besit 'n restaurant op die dorp.

Tom sê hy woon baie lekker hier want die oord is mooi, netjies, rustig en veilig.

Hy is voornemens om by die oord se veerpyltjieklub aan te sluit en om weer rolbal te begin speel. Hy lees graag. Sy gunstelingskrywers is Wilbur Smith en James Patterson.

No comments:

Post a Comment