Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 10 March 2015

Henry & Bets verkies Warmbad Renaissance

Henry (66) en Bets (63) van den Berg is die nuwe eienaars van Eenheid 141.

Henry en Bets van den Berg
Henry  en Bets het voorheen op die wildsplaas Zinyala, naby Loubad op die pad na Alma, gewoon. Alhoewel hulle baie lief vir die wild en die plaaslewe is, het hulle na ses jaar begin soek na 'n geskikte sekuriteitsoord om in te woon. 

Hulle het baie oorde oorweeg voordat hulle op Warmbad Renaissance besluit het. Omdat hulle nugterdenkende mense is, het die bekostigbaarheid van die verblyf in die oord die deurslag gegee. Hierbenewens is hulle gaande oor die mooi terrein, die heerlike Bosveldklimaat, die vriendelike inwoners, en die feit dat hulle twee seuns en vier kleinkinders, wat aan die Rand woon, maklik bereikbaar is.

Voordat hulle ses jaar gelede afgetree het, was Henry die mannekragbestuurder van Xstrata Ferrochrome op Lydenburg. Hy beskik oor 'n Diploma in Personeelbestuur. Bets was die finansiële en administratiewe bestuurder van dieselfde maatskappy. Hiervoor het haar B.Com.-graad met Rekeningkunde en Ekonomie as hoofvakke, haar goed toegerus.

Hulle voorkeuraktiwiteite sluit wildkyk, naaldwerk (Bets) en lees in. Hierbenewens byt die reisgogga hulle gereeld. Die onbekende het 'n onweerstaandbare aantrekkingskrag vir hierdie innemende egpaar.

 

No comments:

Post a Comment