Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 6 March 2015

Nuwe Sosiale Aksie-komitee verkies

Die nuwe Sosiale Aksie-komitee vir 2015 is op 5 Maart verkies. 

Die nuwe komitee is (v.l.n.r) Hester Botes (tesourier), Didie Vickery (voorsitter) en Rita Vosloo (ondervoorsitter). ‘n Sekretaris sal eersdaags aangewys word.] 
Die komitee se korttermynbeplanning maak voorsiening vir 'n ontbytfunksie op 27 Maart in die Lapa. Alhoewel die doel van die funksie is om nuwe inwoners te verwelkom, mag alle inwoners dit bywoon. Die koste beloop R30.00 per person.

Hierbenewens word ‘n vetkoekverkoping op 24 April in die Lapa aangebied. Nadere besonderhede sal mettertyd beskikbaar gestel word.

No comments:

Post a Comment