Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 23 February 2015

Tot siens Pat en Corrie

Pat (70) en Corrie (67) Pretorius van Eenheid 133, het verhuis.

Pat en Corrie Pretorius
Pat het vyf jaar lank die Sekuriteit-portefeulje in die Bestuurskomitee behartig. Hy was volkome toegewy aan die veiligheid van ons inwoners. Daarom het hy streng toesig gehou oor die werksaamhede van die sekuriteitsmaatskappy wat deur die oord gekontrakteer is om te verseker dat ons rustig kan slaap.

Trouens, hy het méér gedoen as wat van hom verwag is. Hy het dikwels in die nag opgestaan om na werklike en gewaande verbrekings van ons sekerheidstelsel ondersoek in te stel.

Corrie het verlede jaar (2014) die Sosiale Aksie-portefeulje met groot toewyding bedryf. Sy en haar raakvatters het gedurende die jaar nie minder nie as sewentien stylvolle sosiale funksies gereël. Hierbenewens het sy verjaardagkaartjies persoonlik afgelewer. Hierdie kaartjies betuig die Bestuurskomitee se goeie wense met diegene wat verjaar.

Die vertrek van dié twee staatmakers laat 'n leemte in ons gemeenskappie wat moeilik gevul sal word.

No comments:

Post a Comment