Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Sunday 8 February 2015

Oom Berend groet

Ons oudste en een van die mees gerespekteerde inwoners, die 95-jarige oom Berend Wierenga, het besluit om na Rusoord te verhuis. Rusoord is 'n bekende tehuis vir bejaarde persone in Bela Bela.

Oom Berend Wierenga
Hy is in 1919 in die dorpie Lagemeeden, 10 kilometer wes van Groningen, Nederland, gebore.

Oom Berend en tant Jantje het in 1951 na Suid-Afrika getrek om hulle in die Settlers-omgewing te vestig. Hier het hy om 'n deel saam met sy swaer geboer totdat hy in 1962 sy eie plaas, Winfield, gekoop het.

Intussen het sy gesin aangegroei. Tien kinders is uit sy en tant Jantje se huwelik gebore. Oom Berend vertel dat hy dankbaar is dat hy hulle almal kollege of universiteit toe kon stuur. Vandag spog hy met 'n uitgebreide familie van 26 kleinkinders en 11 agterkleinkinders.

Hy en tant Jantje het in 1993 hulle intrek in Eenheid 34 geneem.

Tant Jantje het hom in 2005 ontval na 'n lang en geseënde huwelik van 57 jaar.

Warmbad Renaissancers sê: “Tot siens, oom Berend. Ons eer jou vir jou positiewe lewenshouding.”

Klik HIER om meer oor oom Berend en sy veelbewoë  lewe te wete te kom

No comments:

Post a Comment