Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 16 February 2015

Gawe nuwe inwoners

Hennie (75) en Ilse (68) Kotzé het onlangs hulle intrek in Eenheid 52 geneem.

Hennie en Ilse Kotzé
Hierdie vriendelike, positiewe en gesellige paartjie het voorheen in Pretoria gewoon waar hulle lank na 'n geskikte aftree-oord gesoek het, maar niks kon vind wat in hulle smaak val nie.

Toe kom kyk hulle na 'n eenheid in Warmbad Renaissance en kort voor lank is die slag gelewer. Hulle het heelwat bestee om die eenheid op te knap en woon nou lekker, baie dankie!

Hennie en Ilse is gaande oor ons oord se pragtige terrein, die voëllewe, die rustigheid en die feit dat hulle baie veilig voel.

Hennie het in sy jong dae ‘n vakleerlingskap as ‘n passer en draaier voltooi. Hy het hom later op die motorhandel toegespits en was tot sy aftrede die bestuurder van ‘n motoronderneming. Ilse was die sekretaresse van die produksiebestuurder by Siemens (Suid-Afrika).

Dit is hulle tweede huwelik. Hulle is nou twee jaar lank getroud en is as ’t ware nog op wittebrood! Saam spog hulle met drie kinders en vier kleinkinders op wie hulle versot is.

Hulle is voornemens om dikwels te reis. Namibië is tans in hulle visier. Hennie het dié interessante land al voorheen besoek, maar Ilse nog nie. Sy sien baie uit na hulle voorgenome besoek.

No comments:

Post a Comment