ANDRIES VAN DER HEYDE
skryf in Die Pos-koerant van 11 September: ʼn Groep inwoners van Bela-Bela beywer hulle daarvoor om ʼn botaniese tuin op die Alma-pad buite die dorp te vestig in ʼn poging om die natuur vir die nageslag te bewaar.
Een van die gebiede
wat hiervoor geïdentifiseer is grens aan die Warmbad Renaissance-aftreeoord.
Die onderstaande foto’s bied ʼn uitsig op die terrein.
 |
Die bostaande foto is vanaf die ingang van die Tuintuiste-aftreeoord in die rigting van ons oord geneem
|
 |
Hierdie foto bied ʼn uitsig vanaf die dorpsreservoirs in die rigting van die dorp. Ons oord lê links.
|
Tinus Ras, DA-raadslid, het onlangs ‘n video versprei waarin gevra
word dat inwoners die projek sal ondersteun om die oorblywende deel van
Gedeelte 25 (die gedeelte wat van die dorpsreservoirs tot teenaan die Alma-pad
en Warmbad Renaissance strek, in ʼn botaniese tuin te
omskep.
Inwoners het besluit
om dié stuk grond op eie koste te omhein. Die munisipaliteit het reeds
mondelings toestemming daarvoor gegee, maar die projek sal afskop sodra
skriftelike goedkeuring verkry is, het Ras gesê.
Johan Mills,
voorsitter van die Bela-Bela-belastingbetalersforum is ten nouste betrokke by
die projek.
“Hierdie projek kan
die bewaring van die flora van Limpopo op ʼn wetenskaplike wyse
vestig en bydra tot ons dorp as toerismebestemming en as poort tot die ervaring van die Waterberg-biosfeer
en Limpopo. Ons moet egter kan bewys dat die projek beduidende steun in die
gemeenskap geniet,” het Mills verduidelik.
Mills het voorts gesê
die idee is reeds deur die provinsiale department van natuurbewaring verwelkom
en word in beginsel deur die die Suid-Afrikaanse Botansiese Instituut
ondersteun.
ʼn Versoekskrif word intussen rondgestuur waarop mense hulle steun aan die
beoogde projek kan betuig. Mills het gesê hoe meer mense dit ondersteun, hoe
groter is die druk op amptenary om die ontwikkeling gunstig te oorweeg.
‘n Verteenwoordiger
van ons oord het op 15 September ‘n vergadering bygewoon waartydens ‘n
loodskomitee gestig is. Philip van den Berg (E34) sal ons in die loodskomitee verteenwoordig.