Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 24 September 2020

Oord verwelkom Henk Botha

Henk Botha (65) is in Nigel gebore, maar hy en sy ouers het in sy kinderjare na Randfontein verhuis. Van toe af, en tot sy aftrede, het hy in hart en niere ʼn Randfonteiner geword. 

Henk het in 1973 aan die Hoërskool Jan Viljoen gematrikuleer. Ná skool het hy ingeskryf ʼn as 'n vakleerling-elektrisiën. Nadat hy sy vakleerlingskap voltooi het, is hy na die Anglo American Platinum Engineering Skills Training Centre oorgeplaas waar hy in die elektriese afdeling klas gegee het. Henk is mettertyd bevorder en het in 2015 as die assistentbestuurder van die sentrum afgetree. 

 Op die vraag waarom hy juis vanaf Randfontein na die Warmbad Renaissance-aftreeoord verhuis het, het hy gesê dat hy dikwels in die omgewing vakansie gehou het en lief geraak het vir die Bosveld. Hy het ons oord besoek, gehou van die Bosveldatmosfeer hier en terstond E19 aangeskaf. Hy beoog om die eenheid op te knap en volgens sy smaak in te rig

No comments:

Post a Comment