Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 26 October 2020

Een van ons langswonende inwoners

Delene Bekker

 Delene Bekker (E58) se veelbewoë lewe het 77 jaar gelede in Kimberley begin waar sy gebore en getoë is. Sy is van Joods/Skotse afkoms.

Hierdie foto is geneem toe Delene twee jaar oud was

In 1958 het sy haar skoolloopbaan aan die Benoni High School voltooi en vervolgens ʼn pos as ʼn klerk by die toentertydse Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens aanvaar.

Kort voor lank het sy en Joepie Bekker op mekaar verlief geraak. Hy was by Eskom werksaam. In Augustus 1959 is hulle in Germiston getroud.

Alhoewel sy ʼn ruk lank daarna buitenshuis gewerk het, het sy die edele roeping van tuisteskepper aanvaar nadat die eerste van hulle vier kinders sy opwagting gemaak het. Delene het ook ses kleinkinders en een agterkleinkind. Joepie het haar in 2013 ontval.

Joepie het in 1980 die Eskom-kantoor op Bela-Bela op die been gebring. Nadat hy aan die einde van 1993 afgetree het, het hulle in April 1994 na ons oord verhuis. Afgesien daarvan dat hy in die Bestuurskomitee gedien het, het die egpaar saam as toergidse vir verskeie toeroperateurs opgetree. Nadat Joepie oorlede is, het Delene voortgegaan om tot onlangs nog hierdie taak te verrig.

Delene is dus al 26 jaar lank ʼn inwoner van ons oord. Sover skrywer kon vasstel, woon sy langer hier as die meeste ander inwoners.

No comments:

Post a Comment