Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 22 September 2020

Oord verwelkom Apie en Wilma Pretorius


Apie (68) en Wilma (67) Pretorius het onlangs hul intrek in E138 geneem. Hulle is baie ingenome met hulle klein, maar gerieflike woning, asook die vriendelike en hulpvaardige inwoners wat hulle tot dusver ontmoet het. Hulle het ʼn omvattende studie gedoen van aftreeoorde elders voordat hulle op Warmbad Renaissance besluit het. Nou, sê hulle, voel dit asof hulle na ʼn lang vakansie tuisgekom het.

Wilma is in Kimberley gebore en het op Hopetown grootgeword. Sy het in 1971 aan die Hoërskool Hopetown gematrikuleer en in 1972 ʼn ingeskrewe student aan die Universiteit van die Vrystaat geword. Hier het sy in 1975 ʼn BA-graad met Sielkunde en Afrikaans en Nederlands as hoofvakke, en ʼn Hoër Onderwysdiploma behaal.

Sy en Apie het na Potchefstroom verhuis nadat hulle in November 1975 getroud is. Sy het tot haar aftrede in 2018 onder andere jare lank die administrasie van die MBA-kantoor in die Sakeskool van die Universiteit van Potchefstroom behartig.

Apie is op Bothaville gebore en getoë. Nadat hy in 1970 aan die Hoër Volkskool Potchefstroom gematrikuleer het, het hy sy diensplig in die SAW verrig. Vervolgens het hy óók ʼn student aan die Universiteit van die Vrystaat geword waar hy en Wilma vir mekaar ogies gemaak het. Apie het uiteindelik die M.Sc.Agric-graad behaal.

Hy het jare lank landbounavorsing by die Landbounavorsingsraad se Graaninstituut op Potchefstroom gedoen voordat hy sy eie sakeonderneming tot stand gebring het.

No comments:

Post a Comment