Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 3 September 2020

Oord verwelkom Estelle Creighton


 Estelle Creighton (81) is op Louisvale gebore en het in Otavi, Namibië, grootgeword. Sy het haar skoolopleiding in 1956 aan die Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl voltooi, waarna sy ʼn betrekking as ʼn bankamptenaar by die voormalige Trustbank aanvaar het.

Estelle en haar gesin het 55 jaar lank in Bela-Bela gewoon voordat sy na Pretoria verhuis het. Sy het egter besluit om na ons dorp terug te keer en het onlangs haar intrek in E82 geneem.

Vanweë haar vroeëre verbintenis met Bela-Bela, was sy deeglik bewus van ons oord en sy goeie hoedanighede. Sy praat met lof van die vriendelike en hulpvaardige inwoners met wie sy tot dusver te doen gekry het.

Estelle het twee kinders en twee kleinkinders.

No comments:

Post a Comment