Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 12 June 2023

5. Ons 'Inwoner Aktiwiteite' Portefeulje!! en ons oudste inwoner (E94)

 

ESTA DE BEER (E55)

As ek kyk, wikkel hierdie dame op en af in die straat.  Besig, besig, baie baie besig.  Hulle het skaars in die oord ingetrek, of sy het haar gewig ingegooi by alles wat moontlik kan gebeur.

 Tans aan die gang in die oord, is Bingo, veerpyltjies, snoeker, vlytige vingers en oefeninge.  In die vooruitsig, is die potjiekos-kompetisie, sop & sjerrie in die winter en heelwat later ‘n Barnyard- ervaring.  Tussendeur reël sy en haar man, Renier, die kerkbyeenkomste  en kort-kort word daar vetkoek gebak. 

Hulle bly lekker in ons oord, na baie jare in Middelburg.Dankie, Esta – jou entoesiasme word waardeer.

 

Miemie Grobler (E94)

Miemie verjaar 16 Mei en is hierdie jaar 94 jaar oud.  Fantasties om so hoë ouderdom te behaal en steeds elke dag fiets en flink die lewe aan te pak.

Elke oggend om 06:15 word daar gestap terwyl meeste van ons nog in die bed lê.

Miemie woon nou vir 22 jaar in ons oord.  Hulle het op Grootvlei gewoon (Heidelberg distrik) en daar het sy haar twee dogters grootgemaak.

Na haar man oorlede is, het hierdie dame vir tien jaar nog alleen op die plaas gewoon.  Op aandrang van haar kinders, het sy Warmbad toe verhuis, waar Marié (haar dogter) toe woonagtig was.  Die keuse vir Renaissance, was toe uiteraard maklik.

Ouma Miemie het twee klein- en twee agterkleinkinders.

Op hierdie mooi ouderdom, wil Miemie nog niks weet van ‘n ouetehuis nie.
















No comments:

Post a Comment