Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 22 June 2023

9.Ons bring hulde en van ons mense ken voëls!

                                             Marie Snyman (E45)

“It’s not about how much you do, but how much love you put into what you do that count”  

 - Mother Teresa – 

 

Dis ons Marie Snyman.

Sedert 2015 het sy die siekesorg in die oord hanteer.  Marie het mense persoonlik besoek, sy was altyd op hoogte van elke mens se pyn en leed en het selfs mense in die hospitaal besoek.

Die hekwag sou haar sommer skakel en inlig dat die ambulans by dié of daai mens was laasnag!

Inwoners laat haar steeds weet van mense se lief en leed, selfs nadat sy nie meer die siekesorg hanteer nie.  Dit wys net – die vertroue vir haar liefde en deernis.

 


Annatjie Becker (E37)

Annatjie behoort vanaf 1995 aan die Bosveld voëlklub

(Modimolle en Bela Bela).  Die klub is tans ongeveer sestig lede sterk.

Dié kranige voëlkykers kom gereeld bymekaar op Vrydagaande by Abraham Kriel Kinderhuis.  Gassprekers vergas hulle met interessante feite en vereskillende voëls word bespreek.  14 April het Tobie Oosthuizen foto’s gewys van voëls wat hy in die Kgalagadi Transfrontier Park geneem het.

Lede kamp 1 of 2 keer per jaar tydens ‘n midweek om voëls te kyk.  Dagstappies word ook gereël, wat ‘n gekuier en piekniekhouery afgee.

Bird Life South Africa tel jaarliks die verskillende trek- en watervoëls en later die jaar, die bosveldvoëls.  Hierdie is ‘n landswye projek; areas word in blokke verdeel, die voëls word getel en die inligting word dan deurgestuur vir verwerking.

Vir meer inligting, kan Annatjie gekontak word.

 

No comments:

Post a Comment