Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Sunday 4 June 2023

Belangrike inligting!

 Goeiemore almal,

Ek weet nie of die inligting bekend is aan almal wat voor 1975 getroud is nie. Die huweliksertifikate wat toe uitgereik  was, bevat die ou ID Nommers wat nie op enige stelsel nou opgespoor kan word nie. In die geval van afsterwe van een van die huweliksmaats het die een wat agterbly jare se moeilikheid met die boedel. Maak asseblief seker dat u by die Departement van Binnelandse Sake 'n nuwe huweliksertifikaat kry met die huidige ID Nommers op. Daar is 'n klein fooi by betrokke (was altyd R20) en om enige probleme te vermy, betaal dit maar en weet alles is in orde.

No comments:

Post a Comment