Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday 16 January 2019

Ons verwelkom nuwe inwoner Hermien van den Berg

Die lewe van die 67-jarige Hermien van den Berg het asʼt ware ʼn volledige sirkelgang voltooi. Sy is terug in die Bosveld waar sy die eerste lewenslig as Hermien van Zyl op die plaas Klipspruit in die Waterberg aanskou het. Trouens, sy sê dat dit vir haar soos ʼn tuiskoms gevoel het toe sy onlangs haar intrek in E35 geneem het.

Hermien van den Berg
Hermien het voorheen in ʼn aftreeoord aan die Rand gewoon waar sy gedurig onveilig gevoel het. Ons plattelandse oord met sy goeie veiligheidsmaatreëls is dus vir haar soos manna uit die hemel.

Sy het op Hekpoort grootgeword en in 1969 matriek behaal aan die Hoërskool Bekker wat naby Magaliesburg geleë is.

Nadat Hermien haar skoolopleiding voltooi het, het sy haar deernis vir haar medemens uitgeleef deur ten nouste betrokke te raak as voorsitter van haar kerk se diens van barmhartigheid. Die feit dat sy jare lank as ʼn administratiewe beampte by die NG Gemeente Magaliesburg werksaam was, het veel hiertoe bygedra.

Hermien en Gerrie, haar toekomstige wederhelf, het reeds op skool vir mekaar ogies gemaak. Hulle is in 1972 getroud. Hy het haar egter in 2017 na 45 geseënde huweliksjare ontval. Twee kinders en twee kleinkinders is uit hulle huwelik gebore.

No comments:

Post a Comment