Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 15 January 2019

Ons verwelkom nuwe inwoners Gert en Ina Diedericks

In antwoord op ons navraag waarom hulle dan juis besluit het om na ons oord te verhuis, was Gert en Ina Diedericks van E22 se reaksie dieselfde as vele nuwe inwoners s’n: ʼn gerieflike wooneenheid, bekostigbaarheid, ʼn rustige en netjiese omgewing, goeie veiligheidsmaatreëls en vriendelike inwoners. Hulle het voorheen in Leeupoort gewoon.

Ina en Gert Diedericks
Gert (80) is in Johannesburg gebore en het in die voormalige Noord-Rhodesië en op Krugersdorp grootgeword. Nadat hy in 1960 aan die Krugersdorp High School gematrikuleer het, het hy hom op die terrein van die chemie toegespits totdat hy in 1997 in Amandelbult as laboratoriumhoof by Amplats uitgetree het.

Gert en sy gesin het ʼn buitengewone belangstelling in omgewingsbewaring. Hy was, onder andere, ʼn ereveldwagter in die hart van die Waterberg by die Marakele Nasionale Park.

Ina (74) is ook in Johannesburg gebore. Sy het op die plaas Elandsfontein, naby Westonaria, grootgeword, dog het in 1962 aan die Hoër Handelskool Welkom gematrikuleer. Ná skool het sy sekretariële werk gedoen. Nadat sy en Gert 53 jaar gelede getroud is, het sy haar hoofsaaklik op tuisteskepping toegespits.

Gert en Ina is die ouers en grootouers van twee kinders en twee kleinkinders.

No comments:

Post a Comment