Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Sunday 6 January 2019

Ons pasverkose voorsitter se nuwejaarsboodskap

Dirk van den Berg is die pasverkose voorsitter van ons bestuurskomitee. Sy nuwejaarsboodskap aan die inwoners van ons oord verskyn in die Januarie 2019-uitgawe van ons maandelikse nuusbrief, Kwêvoël.

Dirk van den Berg
DIRK VAN DEN BERG skryf: Gedurende 2018 het ons dikwels gehoor: “Die tyd vlieg.”  Die tyd het inderdaad gevlieg en ons staan aan die begin van ʼn nuwe jaar – en die tyd gaan weer vlieg.  Dit is daarom nodig dat elkeen van ons so gou moontlik sy/haar kompas ingestel kry vir die nuwe jaar.

Hierdie kompas moet die liggaamlike en geestelike asook hierdie mooi oord waarin ons bly, aanspreek.  Die eersgenoemde twee is elkeen se persoonlike instelling, maar sover dit die oord aangaan is dit be-langrik dat die kompas voorsiening maak vir onder andere die volgende:
· Verhoudings
· Ondersteuning
· Betrokkenheid
· Lojaliteit
· Samewerking
· Wedersydse respek

Mag hierdie nuwe jaar vir elke inwoner voorspoedig wees en u kompas so gerig wees dat dit tot voordeel van uself en al die inwoners sal wees.

No comments:

Post a Comment