Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 7 July 2017

Ons webtuiste gee (weer eens) die deurslag

Marthie Bonnema
‘n Uitgebreide internetsoektog en ons webtuiste (www.renaissance-in-die-bosveld.co.za) het oud-apteker Marthie Bonnema (61) oorreed dat Warmbad Renaissance aan die meeste van haar vereistes vir ‘n aftreeoord voldoen.

Sy het dus E23 gekoop en onlangs na ons oord verhuis. Sy voel reeds tuis want die mense wat sy tot dusver ontmoet het, het haar sommer gou welkom laat voel.

Marthie is op Lydenburg gebore en het op Marble Hall grootgeword. Aan moederskant is sy ‘n direkte afstammeling van oud-pres. Paul Kruger se tweede vrou, Gezina. Trouens, haar ouer suster is na dié voorsaat vernoem.

In 1974 het sy aan die Hoërskool Ben Viljoen op Groblersdal gematrikuleer. Hierna is sy na die PU vir CHO waar sy in 1979 die MPharm-graad behaal het.

Marthie het verlede jaar as ‘n assistentdirekteur van die Mpumalanga-hospitaaldiens op Nelspruit afgetree.

No comments:

Post a Comment