Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 8 July 2017

Ons jongsgetroude egpaar

Louise en Paul Kruger
Paul (56) en Louise (54) Kruger wat onlangs hulle intrek in E26 geneem het, is op 8 April 2017 getroud. Dit maak hierdie gemoedelike egpaar loshande Warmbad Renaissance se jongsgetroude egpaar! Ons webtuiste (www.renaissance-in-die-bosveld.co.za) het ‘n deurslaggewende rol gespeel in hulle besluit om hierheen te verhuis.

Louise is op Zeerust gebore, maar het op Randfontein grootgeword waar sy in 1980 aan die Hoërskool Jan van Riebeeck gematrikuleer het. Hierna het sy algemene kantoorwerk gedoen, onder andere by die befaamde motorrenjaer, Ben Morgenrood, se motoronderneming op Randfontein. Meer onlangs het sy haar toegespits op die versorging van gestremde persone.

Paul is op Pietersburg gebore en is trots daarop dat hy ‘n direkte afstammeling van oud-pres Paul Kruger van die toentertydse ZAR is. Nadat hy aan die Hoër Tegniese Skool Piet Retief op Adelaide gematrikuleer het, het hy by die Suid-Afrikaanse Weermag aangesluit. Hy was 'n majoor voordat hy in 1985 eervol ontslaan is. Hierna het hy hom toegespits op o.m. die konstruksiebedryf.

Paul en Louise het saam ses kinders uit vorige huwelike, asook drie kleinkinders.

No comments:

Post a Comment