‘n Warmbad Renaissance-koortjie
is in 1993 tot stand gebring. Die koorleiers was Riëtte Botha en Eppie van
Niekerk.
Die meegaande foto's word in die oord-argief bewaar.
|
Die koorleiers |
Twee van die
stigterslede, Isabel en Ampie Hattingh woon steeds in die oord. Terloops, hulle was die heel eerste inwoners wat op 1 April 1991 in E20 ingetrek het.
|
Die koortjie sing met oorgawe. Isabel verskyn tweede van links en die voorste ry en Ampie, agter tweede van regs met die baard |
Die onderstaande
uittreksel (woordeliks aangehaal) uit ʼn beriggie deur Susan van Bosch, het in Julie 1996 in ons
eerste nuusbrief verskyn. Die redakteur was Giel Rossouw. Die foto's kom uit ons argief.
"Die Renaissance-koor
het die afgelope drie jaar naam gemaak. Toe Riëtte Botha die koortjie begin
het, kon sy nie droom dat sy soveel sukses met haar groepie sangers sou behaal
nie.
As gevolg van harde
oefening, geesdrif en toewyding het die koor die afgelope twee jaar met groot
sukses aan die Waterberg Kunsfees deelgeneem. Hulle het in twee afdelings
deelgeneem, naamlik die Revue en Koor en het uitstekend presteer."
|
Hierdie foto van die koor het in 1996 in die plaaslike koerant, Die Pos, verskyn. |
|
Die koor spog met ‘n eie drag waarin hulle deftig vertoon wanneer hulle optree |
"Vanjaar gaan die koor
by ten minste ses geleethede optree, wat die Waterberg Kunsfees insluit.
Tans word daar elke
Dinsdagoggend geoefen. Daar het vanjaar ‘n paar nuwe lede aangesluit en die
koor bestaan tans uit 17 lede waarvan 5 van buite Renaissance is. Die koor spog
met ‘n eie drag waarin hulle deftig vertoon wanneer hulle optree.
Baie Renaissance inwoners
sal seker graag hierdie koor wil hoor en sien optree en daar sal sekerlik ‘n
geleentheid daarvoor geskep word. Dalk sal daar van hulle wees wat daarna by
die groepie sal wil aansluit."