Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday 4 May 2016

Reanett lê die tuig neer

Ons oord was die enigste in die Renaissance-groep waar Reanett Bezuidenhout ononderbroke sedert 13 September 1991 as bestuursagent betrokke was.


Reanett Bezuidenhout

Sy skryf: “Een ding van hierdie werk is dat ‘n mens so lief word vir die inwoners. Hulle voel later soos familie.”

Maar Warmbad Renaissance het ook in haar leed gedeel: haar egskeiding in 1995, die dood van haar oudste dogter in 1998 en ‘n ernstige oogbesering wat sy in 2000 in die Nes opgedoen het.

Hieroor skryf sy: “Ek het ‘n permanente “onthou” van Warmbad aan my lyf. Nie een van die ander oorde [in die Renaissance-groep] kan dit sê nie!”

Reanett en Andrew Bezuidenhout is op 26 September 1998 getroud. Saam spog hulle met drie kinders en drie kleinkinders.

Sy sluit af: “Ek was uiters bevoorreg om 25 jaar lank deel te kon wees van Warmbad Renaissance. Ek sal altyd die spesiale mense en spesiale tye onthou. Dit was ‘n groot voorreg om diensbaar te kon wees.

Reanett sal opgevolg word deur Frikman Nel van Rent Admin.

No comments:

Post a Comment