Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 13 May 2016

Oud-skoolhoof vestig hom in ons oord


Willie Lambrechts (71) was die hoof van die Hoërskool Elsburg voordat hy in 1996 vanweë swak gesondheid uit die onderwys getree het. Daarna het hy landwyd kontaklesings vir buitemuurse RAU-studente namens die universiteit gegee.


Willie Lambrechts
Willie is in Germiston gebore en getoë. Hy het in 1962 aan die Afrikaanse Hoërskool Germiston gematrikuleer. Hierna het hy die Hoër Onderwysdiploma aan die Onderwyskollege Potchefstroom behaal en vervolgens sowat sewe jaar lank by sy ou skool onderwys gegee. Intussen het by die BSc-graad in Plant- en Dierkunde aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf, waarna hy gou tot skoolhoof bevorder is. 

Voordat hy hierheen verhuis het, het Willie op Bedfordview gewoon. Sy kop het egter platteland toe gestaan. Nadat hy die Warmbad Renaissance-webtuiste onder oë gehad het, het hy besluit dat dit die plek is waar hy wil oud word. Gelukkig was eenheid 62 beskikbaar en siedaar … ! 

Willie is baie beïndruk met ons pragtige terrein. Die groot verskeidenheid inheemse bome het hom, as ‘n plantkundige, in vervoering. 

Om die ledige uurtjies te verwyl lees hy baie. Sy kindle is ‘n ryke bron van leesstof. Toe hy jonger was, was hy versot op swemduik. 

Willie het twee dogters en drie kleinkinders wat op Bedfordview woon.

No comments:

Post a Comment