Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday, 12 May 2016

Oord verwelkom Johann en Linda Benade

Nadat Johann (76) en Linda Benade (77) hulle kleinhoewe op Kameeldrif-Oos onverwags verkoop het, moes hulle inderhaas na ‘n geskikte woonplek soek. Hulle het verskeie aftree-oorde en meenthuiskomplekse in Pretoria, Modimolle en Bela-Bela oorweeg, maar uiteindelik in Warmbad Renaissance ‘n woonplek raakgeloop wat in die meeste opsigte aan hulle verwagtinge voldoen het. Die oord se veiligheidsmaatreëls, goedversorgde terrein en uitstekende waarde vir geld het die deurslag gegee.


Linda en Johann Benade
Johann is in Roodepoort gebore, het op Meadowlands grootgeword en matriek aan die Hoërskool Rustenburg geslaag. Hierna het hy ‘n BSc-graad in wiskunde en toegepaste wiskunde van die Universiteit van Pretoria ontvang. Vervolgens het hy by die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) in diens getree waar hy tot sy aftrede as ‘n bestuurder werksaam was. Sy pligte het vereis dat hy male sonder tal buitelandse reise moes onderneem.

Linda is in Benoni gebore en het aan die Hoërskool Noord-Oos Rand matriek geslaag. Hierna het sy tot haar aftrede by Yskor in Pretoria gewerk – hoofsaaklik in ‘n administratiewe hoedanigheid.

Johann hou daarvan om sy ledige ure te verwyl met projekte wat bogemiddelde handvaardigheid vereis. Hy het byvoorbeeld  vir hom en Linda ‘n vakansievoertuig op ‘n Landrover-onderstel gebou wat elke denkbare gerief bevat. Hulle beplan juis eersdaags ‘n uitgebreide besoek daarmee aan Namibië. Hierbenewens is hy ‘n ywerige fotograaf en handig met sy rekenaar.

Linda is gaande oor reis. Sy het Johann op die meeste van sy oorsese sakereise vergesel. Lees geniet ook voorrang wanneer sy ontspan.

Dié gemoedelike egpaar is in 1967 getroud. Hulle het een seun en twee kleinseuns.

No comments:

Post a Comment