Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 26 April 2016

Uit Ampie en Isabel se foto-album

Op 1 April 1991 het Ampie en Isabel Hattingh die eerste inwoners van ons oord geword.

Ampie en Isabel
Ons het vir Isabel gevra om deur haar foto-album te blaai en ‘n paar foto’s te identifiseer wat volgens haar oordeel die ontstaansjare van ons oord sowat 25 jaar gelede die beste uitbeeld. Dié foto’s verskyn hieronder.

Die hoofingang van die oord word in gereedheid gebring. Dié foto wat in Maart 1991 geneem is, toon die voorbereiding van die straat (Soetdoringlaan) by die hoofingang, uit. Die erns waarmee die bewaring van inheemse bome deurgaans bejeën is blyk uit die feit dat die straat aan weerskante van die maroelaboom op linkerhand verbygeloop het. Dié boom is later om veiligheidsredes verwyder
Die ontwikkeling van die oord was gou mooi op koers. Hierdie foto is voor E17 in ‘n oostelike rigting geneem
Die hoofingang van die oord. Op 9 Augustus 1991 het die toentertydse burgemeester van Warmbad, rdl. Wearing, 'n boomplantplegtigheid waargeneem – die eerste van vele waartydens inheemse bome op die terrein aangeplant is. Links staan Willie van der Merwe, ‘n inwoner, en in die middel, mev. Dirkie Wearing
25 jaar gelede was die inwoners nog relatief jonk en vol pret. Hierdie foto is voor ‘n “opdress”-funksie geneem. Isabel verskyn in die middel en Ampie, regs
Die oord het dikwels sy eie interne talentkompetisies gehou
Die Warmbad Renaissance-sanggroep het in 1994 aan, onder andere, die Waterberg Afrikaanse Kunsfees deelgeneem
Die Warmbad Renaissance-tamboernooientjies (!) was nogal gewild. Hierdie foto is in 1996 geneem
Soos tans, was uithanggeleenthede ook in 2001 aan die orde van die dag. Hannetjie Pretorius verskyn links op hierdie foto. Sy woon steeds in die oord
Reanett Bezuidenhout (bestuursagent) en Werner Pauw (ontwikkelaar) vertolk ‘n baie belangrike rol in die wel en weë van die oord. Dis nie bekend wanneer hierdie foto geneem is nie, maar dit moes in die negentigerjare gewees het. Hulle was véél jonger as tans! Reanett tree vanjaar na 25 jaar uit as die oord se bestuursagent

No comments:

Post a Comment