Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 12 May 2016

Ons nuwe bestuursagent aanvaar diens


Die bestuursvereniging het in 2015 die aanstelling van Frikman Nel (46) van Rent Admin as ons bestuursagent goedgekeur. Hy vervang Reanett Bezuidenhout wat pas uitgetree het.


Frikman Nel
Frikman is ‘n gebore en getoë Pretorianer. Nadat hy in 1987 aan die Hoërskool Silverton gematrikuleer het, het hy diensplig verrig. Later het hy ‘n Hons BCompt-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf en later ‘n MCom-graad in belasting aan die toenmalige PU vir CHO. Nóg later volg diplomas in deeltitelbestuur en die bestuur van huiseienaarsverenigings. 

Frikman werk reeds sedert 1995 by Rent Admin, ‘n familie-onderneming wat aanvanklik met verhurings gemoeid was. Hulle is egter gou deur die bestuurskomitee van ‘n woonstelblok versoek om te help met bestuur daarvan. Hierna het die onderneming floreer. 

Vir ontspanning ry hy graag motorfiets, reis met met sy boswoonwa na eksotiese bestemmings. Hierbenewens is hy ‘n geesdriftige scubaduiker.

Hy is met Zelda getroud. Die egpaar woon in Wilgers, Pretoria. 

Van ons oord sê Frikman: “Al was ek nog net twee keer daar was die mense baie vriendelik en uitsonderlik gasvry en laat mens baie welkom voel. Die kompleks self het ‘n baie huislike atmosfeer wat mens sommer tuis laat voel.”

No comments:

Post a Comment