Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday 27 January 2016

Biblioteek opgegradeer

Nadat sy elf jaar lank die oord se biblioteek in beknopte vertrekkies in die administrasiegebou bedryf het, is daar uiteindelik gehoor gegee aan Hester Botes se versugtinge en versoeke en dreigemente.

Oor die jare heen het talle persone boeke geskenk waarvoor sy kwalik plek gehad het. Op die die volgende foto is sy juis besig om so 'n skenking te versorg.


Verlede jaar het die bestuurskomitee geld bewillig om die bestaande biblioteek uit te brei. 'n Muur is tussen twee vertrekke verwyder. Die volgende foto toon die vergrote biblioteek en die bykomende rakke wat onder leiding van Louis van Wyk aangebring is.


Voortaan sal daar oorgenoeg plek wees vir die sowat 3000 Afrikaanse en Engelse boeke wat in voorraad is.

Hester sê: "Die biblioteek word goed ondersteun deur die inwoners. Ek glo dat nóg meer voortaan daarvan gebruik sal maak. Hulle moet my net tyd gee om die rakke klaar te pak!"

Sy hoop ook dat mense sal voortgaan om boeke te skenk,  veral omdat sy nou soveel meer rakruimte het.

Hester lewer 'n gewaardeerde diens aan die inwoners van ons oord. Ons sê namens hulle baie dankie vir haar harde werk.

No comments:

Post a Comment