Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 5 February 2016

Sosiale Aksie-groep kies sterk span

Ons oord se Sosiale Aksie-groep het op 4 Februarie 2016 'n groepie knap inwoners gekies om in hulle bestuurskomitee te dien.

Die 2016-bestuur van die Sosiale Aksie-groep. V.l.n.r. verskyn Braam Cilliers (addisionele lid), Bets Cilliers (sekretaris), Rita Vosloo (voorsitter) en Lienkie Ellis (tesourier)
Die Sosiale Aksie-groep is 'n subkomitee van die Warmbad Renaissance-bestuurskomitee. Laasgenoemde is daarvoor verantwoordelik dat die oord se sake doelmatig bestuur word. Die voorsitter van die bestuurskomitee is Gerhard van Rooyen, 'n afgetrede sakeman.

Die voorsitter van die Warmbad Renaissance-bestuurskomitee, Gerhard van Rooyen
Die doel van die Sosiale Aksie-groep is om gereeld funksies te reël sodat inwoners gesellig met mekaar kan verkeer. 

Een van die funksies wat deur die Sosiale Aksie-groep gereël is, was die 2015-jaareinddinee
Die Sosiale Aksie-groep se uithangfunksie sal vanjaar waarskynlik 'n viering van die oord se vyf en twintigste bestaansjaar behels. Die aard hiervan sal mettertyd bekendgemaak word.

No comments:

Post a Comment