Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 14 January 2016

Inwoners ruk plaaslike sakeonderneming reg

Pieter (65) en Annette (65) Heyneke van E125, het die plaaslike Oasis sowat twee jaar gelede gekoop.

Pieter en Annette Heyneke
Die Heynekes het kort voor lank die sukkelende besigheidjie omskep in 'n florerende sakeonderneming wat gesuiwerde water bemark. Hulle het voorheen 'n vervoeronderneming in Alberton bedryf.

Pieter en Annette se opgekikkerde winkel
Pieter is in Krugersdorp gebore en Annette, op Lydenburg. Later het hulle op Rustenburg beland waar hulle in matriek vir mekaar ogies begin maak het. Pieter het vir Annette uitgenooi om hom na die Hoërskool Rustenburg se matriekafskeidsgeselligheid te vergesel. Daarna was die spreekwoordelike koeël deur die kerk. Hulle is in 1973 getroud en het twee kinders en vier kleinkinders.

Nadat hulle die skool verlaat het, het Annette onderwysdiplomas aan die Normaalkollege Pretoria en die Pretoriase Onderwyskollege vir Verdere Opleiding verwerf. Pieter het by die Suid-Afrikaanse Polisie aangesluit, maar het hom na sowat agtien maande in die bandebedryf begewe waar hy lank gewerk het.

Vir afleiding was Pieter en Annette vroeër toegewyde lede van die RSG 4 X 4-klub. Hulle het gereeld ritte onder leiding van die bekende Francois Rossouw na verskeie eksotiese bestemmings in Afrika onderneem.

Francois Rossouw
Hierbenewens was Annette 'n kranige fietsryer wat aan verskeie fietswedrenne
deelgeneem het, onder andere die Argus-fietstoer.

Annette die fietsryer


No comments:

Post a Comment