Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday, 7 March 2022

Mnr. Margate - 1959

Die 89-jarige Hennie de Villiers (E54) dink met heimweë terug aan Desember 1959 toe hy as ̓n flinke 27-jarige die “Mnr. Margate”-titel verower het (foto onder).  Margate is ̓n vakansiedorp aan die Natalse suidkus.

Op die foto in hieronder verskyn hy saam met “Miss Margate”. Hy onthou nie wat haar naam was nie.

Hennie was ̓n ywerige liggaamsbouer wat soms saam met die bekende Roy Hilligenn geoefen het. Hilligenn het vier jaar agtereenvolgens die “Mnr. Suid-Afrika”-titel gewen, asook “Mr. America” in 1951. Agterop die foto onder, wat hy toentertyd aan Hennie gegee het, het hy geskryf: “To Hennie, my training pal. From Roy.”



 

Thursday, 3 March 2022

Oord verwelkom Hans le Roux

Die 88-jarige afgetrede chemikus, dr. Hans le Roux, het Sasolburg onlangs vir Bela-Bela verruil, hoofsaaklik omdat een van sy twee seuns  ̓n wildboer in die distrik is. Nadat hy verskeie aftreeoorde in die omgewing oorweeg het, het Warmbad Renaissance met sy boomryke terrein, uitstekende sekuriteit en hulpvaardige inwoners hom dermate beïndruk dat hy E135 aangeskaf het.

Hans is op Carolina gebore en het in Greenside, Johannesburg, grootgeword. In 1950 het hy aan die Hoër Volkskool Potchefstroom gematrikuleer. Vervolgens het hy in 1953 die BSc-graad aan die PU vir CHO, die MSc-graad in 1955 aan die UP en die PhD-graad in 1967 aan UNISA behaal. Nadat hy sy beroep by verskeie sakeondernemings beoefen het, het hy in 1992 by SASOL afgetree.

Hans en Willie was 59 jaar getroud voordat sy hom in 2021 ontval het. Hulle was natuurliefhebbers, ywerige bergklimmers en het dikwels buitelandse reise onderneem. Twee seuns en twee kleindogters is uit hul huwelik gebore.

Wednesday, 2 March 2022

The Chairman's message

 

The Chairman of the Warmbad Renaissance Management Committee, WESSIE VAN DER WESTHUIZEN, writes: The Management Committee is fully aware that our residents are entitled to be informed with regard to matters that concern them.

Die BK is eweneens bewus van die werksla-ding van die Voorsitter en deel u graag mee dat hy slegs op Dinsdag en Donderdag vanaf 9:00 tot 12:00 in die kantoor beskikbaar sal wees om inwoners te woord te staan. Afsprake moet asseblief by Jacky gemaak word.

The responsibilities of individual Management Committee members are set out below. Kindly contact the responsible person directly should it be necessary. 

Die Voorsitter is die primêre fasiliteerder van bespreking en besluitneming in ons oord.

Roedolf Botha is the Deputy Chairman and will act in the Chairman’s place if he is absent. In addition, he is in charge of the Security and Communications Portfolios.

Lirpa Kuntz is ons Sekretaresse en is verantwoordelik vir reëlings en notules met betrekking tot BK- en Dagbestuursvergaderings.

Rina du Toit is our Treasurer. She is responsible for the oversight of our village’s budget and expenditure.

Die oord se administrasie word deur Rina Steynberg behartig. Sy werk nou saam met Jacky en is onder andere daarvoor verantwoordelik om toe te sien dat BK-besluite uitgevoer word.

Elsa Erasmus takes care of the Maintenance Portfolio, including day to day  maintenance, water and electricity issues, as well as gardens and public spaces.

Ria Nel koördineer ons oord se sosiale aktiwiteite. Marlene Bisset is gekoöpteer om die Funksiesgroep te lei.

Finally, Gerhard van Rooyen has been co-opted to act as mentor, general support and liaison officer  with the municipality.

Sunday, 27 February 2022

Oord verwelkom Lizzie Viljoen

 

Lizzie Viljoen het onlangs in E87 ingetrek nadat sy verskeie aftreeopsies in Bela-Bela oorweeg het. Sy sê dat die pragtige terrein en mooi tuine van ons oord haar hart met die eerste oogopslag gesteel het. Die bekostigbaarheid van ons oord, haar gerieflike wooneenheid, die goeie sekuriteit en die vriendelike inwoners, het haar aanvanklike indruk versterk.

Sy pendel gereeld tussen Bela-Bela en Hartenbos waar sy 'n vakansiehuis besit.

Lizzie is 68 jaar gelede op Cathcart gebore, maar het in Oos-Londen grootgeword waar sy in 1972 aan die Hoërskool Grens gematrikuleer het. Hierna het sy ̓n Hoër Onderwysdiploma met Wiskunde en Wetenskap as hoofvakke, aan die Onderwyskollege Graaff-Reinet behaal.

Sy het vervolgens 20 jaar lank Wiskunde en Wetenskap by verskeie hoërskole in Pretoria onderrig. Die laaste 20 jaar voor haar aftrede in 2013, het sy egter by die Pretoria Skool vir Serebraalgestremdes gewerk. Gedurende hierdie tydperk het sy die SPO-diploma op  ̓n deeltydse basis aan die Pretoriase Onderwyskollege vir Verdere Opleiding behaal.

Lizzie en Deon is in 1978 getroud. Hy het haar egter in 2017 ontval. Twee kinders en vier kleinkinders is uit hulle huwelik gebore.

Saturday, 26 February 2022

New life in our village

INGRID VAN DEN BERG writes: The two of us at Unit 34 are serious sufferers of the empty-nest-syndrome. It all started on the 10th of January while we were having our tea on the stoep. I noticed a bulbul lingering above one of the hanging baskets. ‘It’s stealing our coconut fibre’ I thought and wondered whether it was collecting nesting material. Then it was gone again. The next minute it came back with some stuff in its beak. By lunchtime the nest was taking shape and two days later it was complete – thin little twiglets cleverly woven in a perfect little cup. Every time she added something, she would wiggle her little body to test its shape and every time the male would keenly watch from nearby.

Bulbuls are not usually aggressive by nature unless its breeding time. The nesting activity attracted babblers who came to investigate but were immediately dive-bombed by the male. He even attacked the go-away birds that came to the feeding tray regardless of their bigger size. When we dared come too close to the nest, he did the same to us.

On the fifth day the first egg was laid and a day later the second one. The female did all the breeding while the male kept watch and occasionally brought her something to eat. The female did leave the nest for short periods, but her dedication to keep the eggs warm was amazing.



Then on day 20 the chicks appeared. Both parents now participated in feeding the brood and the rate of growth was astonishing. Initially the eyes of the nestlings were closed, and it took seven days before they eventually opened. We marvelled at their quick development but never expected them to leave the nest so soon. Four weeks from the day their mother started building the nest until they fledged. What a miracle!


Now we miss them while sitting on the stoep and wishing them back.

Sunday, 20 February 2022

Resumption of organised social activities in our village

Social activities in our village have resumed this year on the distinct understanding that the prescribed COVID-19 protocols should be followed.

The photographs below were taken at a recent St. Valentine’s Day Tea Party.






 

 

Sunday, 6 February 2022

‘n Voorteken van reën?

Die pienkkleurige stormlelie, oftewel “flower of the west wind” is  ̓n algemene gesig in ons oord – veral gedurende die reënseisoen.

Sommige inwoners beskou dit as  ̓n voorteken van reën. Maar is dit so?

Ons het die internet geraadpleeg en vasgestel dat hierdie bol-agtige meerjarige plant inderdaad  ̓n aanduiding is dat reënweer in aantog is, alhoewel dit nie 100% betroubaar is nie.

Kenners is van mening dat die blomproses van die stormlelie waarskynlik deur volgehoue hoë voggehalte van die lug en die gepaardgaande verandering in die lugdruk gestimuleer word.