Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Sunday 27 February 2022

Oord verwelkom Lizzie Viljoen

 

Lizzie Viljoen het onlangs in E87 ingetrek nadat sy verskeie aftreeopsies in Bela-Bela oorweeg het. Sy sê dat die pragtige terrein en mooi tuine van ons oord haar hart met die eerste oogopslag gesteel het. Die bekostigbaarheid van ons oord, haar gerieflike wooneenheid, die goeie sekuriteit en die vriendelike inwoners, het haar aanvanklike indruk versterk.

Sy pendel gereeld tussen Bela-Bela en Hartenbos waar sy 'n vakansiehuis besit.

Lizzie is 68 jaar gelede op Cathcart gebore, maar het in Oos-Londen grootgeword waar sy in 1972 aan die Hoërskool Grens gematrikuleer het. Hierna het sy ̓n Hoër Onderwysdiploma met Wiskunde en Wetenskap as hoofvakke, aan die Onderwyskollege Graaff-Reinet behaal.

Sy het vervolgens 20 jaar lank Wiskunde en Wetenskap by verskeie hoërskole in Pretoria onderrig. Die laaste 20 jaar voor haar aftrede in 2013, het sy egter by die Pretoria Skool vir Serebraalgestremdes gewerk. Gedurende hierdie tydperk het sy die SPO-diploma op  ̓n deeltydse basis aan die Pretoriase Onderwyskollege vir Verdere Opleiding behaal.

Lizzie en Deon is in 1978 getroud. Hy het haar egter in 2017 ontval. Twee kinders en vier kleinkinders is uit hulle huwelik gebore.

No comments:

Post a Comment