Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 3 March 2022

Oord verwelkom Hans le Roux

Die 88-jarige afgetrede chemikus, dr. Hans le Roux, het Sasolburg onlangs vir Bela-Bela verruil, hoofsaaklik omdat een van sy twee seuns  ̓n wildboer in die distrik is. Nadat hy verskeie aftreeoorde in die omgewing oorweeg het, het Warmbad Renaissance met sy boomryke terrein, uitstekende sekuriteit en hulpvaardige inwoners hom dermate beïndruk dat hy E135 aangeskaf het.

Hans is op Carolina gebore en het in Greenside, Johannesburg, grootgeword. In 1950 het hy aan die Hoër Volkskool Potchefstroom gematrikuleer. Vervolgens het hy in 1953 die BSc-graad aan die PU vir CHO, die MSc-graad in 1955 aan die UP en die PhD-graad in 1967 aan UNISA behaal. Nadat hy sy beroep by verskeie sakeondernemings beoefen het, het hy in 1992 by SASOL afgetree.

Hans en Willie was 59 jaar getroud voordat sy hom in 2021 ontval het. Hulle was natuurliefhebbers, ywerige bergklimmers en het dikwels buitelandse reise onderneem. Twee seuns en twee kleindogters is uit hul huwelik gebore.

No comments:

Post a Comment