Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 7 March 2022

Mnr. Margate - 1959

Die 89-jarige Hennie de Villiers (E54) dink met heimweĆ« terug aan Desember 1959 toe hy as ̓n flinke 27-jarige die “Mnr. Margate”-titel verower het (foto onder).  Margate is ̓n vakansiedorp aan die Natalse suidkus.

Op die foto in hieronder verskyn hy saam met “Miss Margate”. Hy onthou nie wat haar naam was nie.

Hennie was ̓n ywerige liggaamsbouer wat soms saam met die bekende Roy Hilligenn geoefen het. Hilligenn het vier jaar agtereenvolgens die “Mnr. Suid-Afrika”-titel gewen, asook “Mr. America” in 1951. Agterop die foto onder, wat hy toentertyd aan Hennie gegee het, het hy geskryf: “To Hennie, my training pal. From Roy.”



 

No comments:

Post a Comment