Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday, 28 February 2019

Ons verwelkom Lettie Roode

Lettie Roode het onlangs haar intrek in E62 geneem. Sy is 75 jaar gelede op Waterval-Boven gebore en het op ʼn plaas tussen Belfast en Lydenburg grootgeword.

Lettie Roode
Nadat sy aan die Pretoriase Tegniese Kollege gematrikuleer het, het sy die werksomgewing van finansiële administrasie betree.

Sy en Daan Roode is in 1970 op haar geboortedorp getroud. Een dogter en twee kleinkinders, wat tans in Nieu Zeeland woon, is uit hulle huwelik gebore. Daan het haar in 1987 ontval.

Lettie het verskeie aftreeoorde in Pretoria oorweeg voordat haar keuse op ons oord geval het. Ons webtuiste het hierin ʼn deurslaggewende rol gespeel. Op Kwêvoël se vraag waarom sy besluit het om haar in Warmbad Renaissance te vestig, het sy onomwonde gesê dat bekostigbaarheid, die goedversorgde terrein in ʼn pragtige omgewing en die feit dat haar suster in Soetdoringpark woon, die deurslag gegee het. Boonop voel sy gekoester hier omdat die inwoners wat sy tot dusver ontmoet het, vriendelik en hulpvaardig is.

Lettie is ʼn geesdriftige tuinier. Terwyl sy en Daan in Nelspruit gewoon het, was sy by die plaaslike botaniese tuin werksaam waar sy haar liefde vir tuinmaak ten volle uitgeleef en boonop haar tuinbouvaardighede ontwikkel het.

Tuesday, 26 February 2019

Die geskiedenis van ons dorp - Ontwikkeling van die onderwys

Hierdie beriggie is die derde van ʼn reeks wat die geskiedenis van ons dorp onder die loep neem.

Ons het onlangs deur bemiddeling van Gerhard van Rooyen (E92)met ʼn dinamiese inwoner van ons dorp kontak gemaak. Sy is Lize Coetzee wat ʼn geruime tyd lank skoolgehou het, onder andere by die Laerskool Warmbad.

Lize Coetzee
Lize het in 2002 intensiewe navorsing oor die ontwikkeling van die onderwys in Bela-Bela gedoen. Haar bevindings het onder meer neerslag gevind in die Laerskool Warmbad se eeufeesblad wat in 2003 gepubliseer is.

Sy het vasgestel dat georganiseerde onderwys reeds vanaf Julie 1851 in die ongewing plaasgevind het. Tussen 1896 en 1899 was daar twintig plaasskole, twee dorpskole en agt wykskole met ʼn leerlingtal van 190.

Plaasskole was noodsaaklik omdat afstande tussen die dorp en die plase in die omgewing groot was. Dit was hoofsaaklik die dorpskinders wat die dorpskole bygewoon het.

Inspeksieverslae dui daarop dat die gehalte onderwys baie swak was. Die meeste onderwysers was ongekwalifiseer.

Die voorganger van die laer- en hoërskool op die dorp was die Warmbaths Government School. Dié skool het sy ontstaan op 19 Oktober 1903 in ʼn klein tweevertrekhuisie van hout en sink in Reitzstraat gehad.

Omdat die Warmbaths Government School direk ná die Anglo-Boereoorlog gestig is, was die voertaal aanvanklik Engels. Daar was minder as 30 leerlinge en twee onderwysers in die skool.

In 1909 is die skool as ʼn Hollandsmedium skool hergeklassifiseer en teen 1944 het dit 461 leerlinge in beknopte omstandighede gehuisves. Dit het daartoe gelei dat die laer- en hoërskool in 1947 amptelik van mekaar geskei is.

Laerskool Warmbad-skoolwapen
Hoërskool Warmbad-skoolwapen
ʼn Skool vir Engelssprekende kinders is in 1922 op die plaas Driefontein, naby Naboomspruit, gestig. Dié skooltjie het sy deure in 1931gesluit en verskuif na die huidige skoolgebou op Settlers. Dit sou voortaan bekend staan as die Lord Milner School.

Lord Milner School- skoolwapen
Die Settlers Agricultural High School is in Januarie 1969 gestig. Dit was destyds die enigste Engelsmedium-hoërskool in die voormalige Transvaal wat landbou as vakrigting aangebied het.

Settlers Agricultural High School-skoolwapen
Terloops, ʼn oudinwoner van ons oord, Brian Stone, het hom destyds beywer vir die stigting van dié skool terwyl hy die voorsitter van Lord Milner School se ouerkomitee was. Brian is onlangs op 98-jarige ouderdom oorlede.

Brian Stone

Monday, 25 February 2019

We celebrate St. Valentine's Day


V.l.n.r. verskyn Linkie Ellis, Annetjie van Vreden, Neels Cornelius, Edna Cornelius, Lettie Roode en Liz Snyders
Valentine, a Christian priest, had been thrown in prison by the Romans for his teachings.

While languishing in prison, he fell in love with the jailer's daughter who was blind. He cured her of her blindness. The night before he was executed, he wrote her a farewell letter, signing it "From Your Valentine."

Op 14 Februarie is Valentyn onthoof.

Die tradisie om op 14 Februarie jou liefde teenoor iemand te verklaar, het na hierdie gebeurtenis in die Middeleeue in Europa veld gewen.

By Warmbad Renaissance sit ons in Februarie die Valentynstradisie voort deur ons vriende en/of geliefdes op ʼn koppie tee en versnaperinge te trakteer.

The photographs on this post were taken at our St. Valentine's Day Tea, which was held recently.

F.l.t.r. are Sherrol Gouws, Dries Gouws, Elize Strydom, Gert Strydom en Dirk van den Berg


Thursday, 31 January 2019

Lang diens beloon


Die bestuurskomitee het onlangs sertifikate vir tien jaar diens aan Thomas Maswanganye (tweede van links op die foto hierbo) en Daniël Marakalla (tweede van regs)  oorhandig. Hulle het ook elk ‘n bonus van R1 000 ontvang. Thomas en Daniël is tuiniers.

Neels Cornelius (tuine) verskyn heel links, Elsa Erasmus (ondervoorsitter van die bestuurskomitee) staan in die middel en Jadene Horne (tuine) staan heel regs.

Wednesday, 30 January 2019

Inwoners sê dankie

    Inwoners bring graag hulde aan die manne en vroue vir die enorme rol wat hulle in die wel en wee van ons oord speel.



Op die foto hierbo verskyn die volgende staatmakers (staande): Flip Dreyer (onderhoud), Abram Lebese (onderhoud), Steven Sephokgole (onderhoud), Neels Cornelius (tuine) en Jadene Horne (tuine). Voor sit Thomas Maswanganye (tuine), Jacky Putter (oord-administrasie), Elsa Erasmus (ondervoorsitter van die bestuurskomitee), Emily Langa (skoonmaker), William Baloyi (faktotum) en Daniël Marakalla (tuine).



Tuesday, 29 January 2019

Ons verwelkom nuwe inwoner Dalla Posthuma

Dalla Posthuma

Die veelsydige Dalla Posthuma (73), wat onlangs haar intrek in E112 geneem het, is nie net ʼn gekwalifiseerde wiskundeonderwyser nie, sy was op haar dag ʼn formidabele skolenetbalafrigter op nasionale vlak en ʼn kleremaker van formaat. Les bes is sy tans werksaam by ʼn plaaslike bandeonderneming wat deur haar broer besit word.

Dalla is ʼn boorling van eMalahleni, voorheen Witbank. Sy het ook daar grootgeword en skoolgegaan.

Nadat sy in 1962 matriek aan die Hoërskool Generaal Hertzog geslaag het, het sy vier jaar lank verpleeg voordat sy haar as ʼn wiskundeonderwyser aan die Onderwyskollege Pretoria bekwaam het. Sy het by verskeie primêre en hoërskole skoolgehou voordat sy haar op Bethal gevestig het.

In Bethal het Dalla en Bets de Jager bevriend geraak. Bets het haar juis oorreed om na ons oord te verhuis toe sy begin rondsoek na veilige, bekostigbare verblyf op die platteland. Inwoners sal dalk   onthou dat Bets en Tommie voorheen E112 bewoon het.

Op Kwêvoël se vraag of sy lekker woon, het sy onomwonde geantwoord dat die netjiese terrein, vriendelike en behulpsame inwoners, asook die rustigheid van die platteland wat sy hier ervaar, vir haar heerlik is. Pretoria met sy uitstekende mediese geriewe wat slegs ʼn uur per motor hiervandaan is, is ʼn verdere pluspunt.

Dalla is baie trots op haar drie dogters, agt kleindogters en een agterkleinseun.

Monday, 28 January 2019

The history of our town - Early development

The idea of a series about the history of Bela-Bela in Kwêvoël was first mooted by Miriam Scheepers (U48) last year. Miriam (picture top left) also provided a brochure called Explore Bela-Bela, which was published in 2015 by Essential Marketing and Minit Print, a company presently located in the Bosveld Mall. Further sources of information (so far) include websites about the history of Bela-Bela.

Miriam Scheepers
An introductory article was posted in early January. Click HERE to access. Here follows the second instalment.

Archeological and anthropological evidence reveal that Australopithecus africanus hunters lived in the mountains in the vicinity of   Bela-Bela over 2,5 million years ago. Stone Age people followed and later came the early Iron Age migrants.

Australopithecus africanus
The San hunter-gatherers roamed the entire mountain area at this time leaving a record of their passage in exquisite rock art which continues to attract interested people.

San rock art
More recent inhabitants of the Waterberg include the Tswana tribe who first moved into the region in about the 1800s. They were intrigued by the strong mineral springs flowing from the earth. They named the springs Bela Bela, which means“the pot that boils”. The water from these springs are rich in sodium chloride, calcium carbonate and other salts that are highly beneficial to those suffering from rheumatic ailments. 

The first people of European origin arrived in the area in 1808, to be followed shortly thereafter by missionaries, hunters and traders. Then came the Voortrekker settlers, including Carel Van Heerden who established the first farm in the area. He called the farm Het Bad after the mineral springs. Van Heerden’s grave is in the Voortrekker Cemetery behind the Municipal Offices.

Van Heerden's grave
In 1873 the Zuid Afrikaansche Republiek realised the tourism and recreational opportunities that Het Bad had to offer, purchased the farm and established the town of Hartingsburg.  During the Anglo-Boer War the British annexed Hartingsburg and called it Warm Baths. In 1920 Warmbaths was proclaimed a township (in the legal, not racial sense!). In that year the township was designed by architect John Abraham Moffat. In 1950, it became a magisterial district and acquired town council status in 1960. On 14 June 2002 the South African government officially renamed the town Bela-Bela.