Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday, 9 July 2022

Oord verwelkom Renier en Esta de Beer

Oud-skoolhoof Renier de Beer (69) en sy eggenote, Esta (63), het onlangs vanaf Mpumalanga na Limpopo verhuis nadat hulle E55 aangeskaf het. Terloops, hulle nuwe woonplek het voorheen aan die voormalige Protea-krieketspeler, A B de Villiers, se ouma, wyle Ramona Wessels, behoort.

Esta is in Pretoria gebore, maar beskou Roossenekal as haar grootwordplek. Nadat sy in 1976 aan die Hoërskool Middelburg gematrikuleer het, het sy verskeie administratiewe poste beklee, insluitend dié van skoolsekretaresse. Intussen het sy ̓n interessante stokperdjie bedryf, naamlik die vervaardiging van wigvormige skuimrubber-ondersteuningskussings op versoek van die SAVF vir persone wat aan heup-, nek-, rug-, knie- en spysverteringsprobleme ly.

Renier is in Rustenburg gebore en het op Grootvlei grootgeword. Hy het in 1971 aan die Hoërskool Pretoria-Noord gematrikuleer. In 1975 het hy die Hoër Onderwysdiploma aan die Normaalkollege Pretoria behaal. Hierna het hy by verskeie primêre skole wiskunde onderrig. Hy was 25 jaar lank hoof van die Laerskool Uitkyk voordat hy in 2016 afgetree het.

Renier en Esta is in 1978 op Roossenekal getroud. Hulle het twee kinders en vier kleinkinders. Hulle dogter en haar gesin woon op Bela-Bela en hulle seun en dié se gesin verhuis eersdaags na ons dorp.

Die egpaar het verskeie aftreeoorde op Bela-Bela oorweeg voordat hulle aanklank gevind het by hulle gerieflike eenheid (E55), asook ons oord se goedversorgde terrein, vriendelike inwoners en goeie veiligheidsmaatreëls. 

Friday, 8 July 2022

Oord verwelkom nuwe (tydelike) inwoners

 


Danie en Sylvia Bosch (E37) het tydelik vanaf Ballito na ons oord verhuis terwyl hulle nuwe huis op Sondela in aanbou is.

Sylvia (64) is in Nigel gebore en getoë waar sy in 1975 aan die Hoërskool John Vorster gematrikuleer het. Hierna was sy om die beurt bankamptenaar, tuisteskepper en finansiële beampte by verskeie KwaZulu-Natalse skole. Sy het twee jaar gelede afgetree as ̓n menslike hulpbronne-klerk by die distrikskantoor van die KwaZulu-Natalse Onderwysdepartement in Stanger.

Danie is 66 jaar gelede op Groblersdal gebore, maar het in Nigel grootgeword. Hy het in 1973 aan die Hoërskool John Vorster gematrikuleer. Na skool het hy sy SAW-diensplig voltooi waartydens die rang van luitenant aan hom toegeken is. Sy syfer- en rekenvaardigheid het aan hom die pos van ouditeur by die  Ouditeur-Generaal besorg waar hy 35 jaar lank werksaam was. Hy het mettertyd die B.Compt.-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika behaal. By sy aftrede in 2011, het hy die pos van senior bestuurder beklee. Hierna het hy in ouditkomitees van verskeie munisipaliteite gedien, o.a. die Durbanse Metro.

Danie en Sylvia het reeds op skool vir mekaar begin ogies maak. Hulle is vanjaar 41 jaar getroud en het twee kinders en een kleinkind.

Tuesday, 5 July 2022

Planne vir Botaniese tuin in Bela-Bela skiet nuwe wortels


Andries van der Heyde berig soos volg in
Die Pos-koerant van 17 Junie: Die droom om ̓n botaniese tuin in Bela-Bela tot stand te bring, het die afgelope week weer ̓n hupstoot gekry.

Die idee het reeds in 2020 by ̓n groep inwoners posgevat om die stuk grond wat aan die Renaissance-aftreeoord en die Alma-pad grens, in ̓n bewaringsgebied te omskep. Dié grond behoort aan die Bela-Bela-munisipaliteit.

Samesprekings het met die munisipaliteit plaasgevind en amptenare het aangedui dat hulle die projek in beginsel goedkeur.

Die COVID-19-pandemie het egter onderhandelinge gestuit. Die loodskomitee het eers weer op Woensdag, 8 Junie vergader. Arnaud le Roux (foto links) is as nuwe voorsitter verkies in die plek van Johan Mills wat as munisipale raadslid verkies is. [Arnaud is die seun van ’n inwoner van ons oord, dr. Hans le Roux (E135) - Kwêvoël].

Sake soos die uitleg van die tuin, befondsing, omheining, arbeid en die pad vorentoe is op die vergadering bespreek.

Monday, 4 July 2022

Oord ontvang kykNET-kameraspan

̓n Kameraspan van die kykNET-televisieprogram, “Met ̓n huppel in die stap”,  het ons oord onlangs besoek om ̓n opname van ons plek te maak. Die program sal op 17 Augustus om 17:30 op kykNET (kanaal 144) gebeeldsend word. 

Links verskyn die aanbieder, Simon Bruinders.


Sunday, 3 July 2022

Recent Mothers and Fathers Day Tea Party

Social activities in our village have resumed this year under the able leadership of Marlene Bisset and her Functions Group.

It should be noted that the main purpose of these events is to enable residents to meet socially. If a profit is made, it is set aside to pay for something that is for the benefit of the village and its residents. In the past, the village was presented with a new stove, an urn, a refrigerator, curtains, venetian blinds and various other kitchen appliances for the Nes.

The photographs below were taken at a recent Mothers and Fathers Day Tea Party.






Thursday, 30 June 2022

A message from the Chirman of the Management Committee - July 2022


The Chairman of the Warmbad Renaissance Management Committee, WESSIE VAN DER WESTHUIZEN, writes: On behalf of the Management Committee, I would like to extend a warm welcome to new residents. We hope that your stay in Renaissance will be enjoyable. We invite you to take part in the village’s activitities, share your talents with us and provide your input with regard to where we can improve.

Ons is nou in die middel van die jaar en die winter. Sover het daar al drastiese veranderings in die wêreld, in die land en so ook in die oord plaasgevind. Alles veroorsaak ʼn kettingreaksie wat ons as inwoners ook raak. Die oorlog tussen Rusland en die Oekraïne het ʼn invloed op ons finansies met hoër branstofpryse, voedselpryse en ander noodsaaklike verbruikersitems. Hoër belastings op annuïteite maak nie die las ligter nie.

The discussions with the solar power contractor, Wade Walker, did not deliver a positive result (see my message for April 2022). They were unable to find an external source of finance that would ensure that we would not pay a higher tariff than pre-paid electricity. At the present time we are in discussions with the municipality about possible adjustments. However, a successful outcome cannot be guaranteed. I would like to assure residents that we are not sitting with folded arms, waiting for better days. Nothing will be done arbitrarily. Any decision will be tabled at a special general meeting or an annual general meeting.

Sonkragstelsels sal altyd weens die wisselvallige intensiteit van beskikbare sonlig verskeie uitdagings oplewer. Tans beleef ek self negatiewe gevolge ten opsigte van my sonkragwarmwaterstelsel.

In closing, Jan Brand’s maxim, “All will be well if everyone does his duty,” remains applicable today - also in our village. Brand was the fourth State President of  the Republic of the Orange Free State from 1864 to 1888.


Thursday, 2 June 2022

Warmbad Renaissance verwelkom die Swanepoels

Tot siens Springs. Dagsê Bela-Bela.

Johan en Susan Swanepoel het onlangs in E73 ingetrek. Alhoewel hulle ̓n ander aftreeoord in die Laeveld oorweeg het, was dit té ver van Pretoria af waar hulle 2 kinders en twee kleinkinders woon. Susan het vir Jacky geskakel, en siedaar … Hulle geniet tans hulle verblyf in ons oord want hulle eenheid is gerieflik, die inwoners wat hulle tot dusver ontmoet het, is warm mense en hulle voel veilig.

Susan is 60 jaar gelede op Vryburg gebore, maar sy en haar gesin het vroeg in haar lewe na Harrismith verhuis. Sy het in 1980 aan die Hoërskool Harrismith gematrikuleer. Nadat sy haar skoolopleiding voltooi het, het sy klerklike werk gedoen en later – nadat sy en Johan in 1982 op Harrismith getroud is - was sy ̓n tuisteskepper en SAVF-kleuterskoolonderwyseres.

Johan is in 1956 op Odendaalsrus gebore en het in Bloemfontein grootgeword. Hy het in 1974 aan die Hoërskool President Steyn gematrikuleer. Hierna het hy by die Suid-Afrikaanse Spoorweë aangesluit. Later het hy na die plaaslike owerheidsektor oorgeskakel en in 2021 as aankoper van rekenaartoerusting vir die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit, afgetree.