Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 8 July 2022

Oord verwelkom nuwe (tydelike) inwoners

 


Danie en Sylvia Bosch (E37) het tydelik vanaf Ballito na ons oord verhuis terwyl hulle nuwe huis op Sondela in aanbou is.

Sylvia (64) is in Nigel gebore en getoë waar sy in 1975 aan die Hoërskool John Vorster gematrikuleer het. Hierna was sy om die beurt bankamptenaar, tuisteskepper en finansiële beampte by verskeie KwaZulu-Natalse skole. Sy het twee jaar gelede afgetree as ̓n menslike hulpbronne-klerk by die distrikskantoor van die KwaZulu-Natalse Onderwysdepartement in Stanger.

Danie is 66 jaar gelede op Groblersdal gebore, maar het in Nigel grootgeword. Hy het in 1973 aan die Hoërskool John Vorster gematrikuleer. Na skool het hy sy SAW-diensplig voltooi waartydens die rang van luitenant aan hom toegeken is. Sy syfer- en rekenvaardigheid het aan hom die pos van ouditeur by die  Ouditeur-Generaal besorg waar hy 35 jaar lank werksaam was. Hy het mettertyd die B.Compt.-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika behaal. By sy aftrede in 2011, het hy die pos van senior bestuurder beklee. Hierna het hy in ouditkomitees van verskeie munisipaliteite gedien, o.a. die Durbanse Metro.

Danie en Sylvia het reeds op skool vir mekaar begin ogies maak. Hulle is vanjaar 41 jaar getroud en het twee kinders en een kleinkind.

No comments:

Post a Comment