Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 2 June 2022

Warmbad Renaissance verwelkom die Swanepoels

Tot siens Springs. Dagsê Bela-Bela.

Johan en Susan Swanepoel het onlangs in E73 ingetrek. Alhoewel hulle ̓n ander aftreeoord in die Laeveld oorweeg het, was dit té ver van Pretoria af waar hulle 2 kinders en twee kleinkinders woon. Susan het vir Jacky geskakel, en siedaar … Hulle geniet tans hulle verblyf in ons oord want hulle eenheid is gerieflik, die inwoners wat hulle tot dusver ontmoet het, is warm mense en hulle voel veilig.

Susan is 60 jaar gelede op Vryburg gebore, maar sy en haar gesin het vroeg in haar lewe na Harrismith verhuis. Sy het in 1980 aan die Hoërskool Harrismith gematrikuleer. Nadat sy haar skoolopleiding voltooi het, het sy klerklike werk gedoen en later – nadat sy en Johan in 1982 op Harrismith getroud is - was sy ̓n tuisteskepper en SAVF-kleuterskoolonderwyseres.

Johan is in 1956 op Odendaalsrus gebore en het in Bloemfontein grootgeword. Hy het in 1974 aan die Hoërskool President Steyn gematrikuleer. Hierna het hy by die Suid-Afrikaanse Spoorweë aangesluit. Later het hy na die plaaslike owerheidsektor oorgeskakel en in 2021 as aankoper van rekenaartoerusting vir die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit, afgetree.

No comments:

Post a Comment